02/01/2021
Mnr Johan Heyser sy vrou en kleinseun was uit huisig van 10h30 tot 17h00. Met hul terug keer het hul agter gekom die huis is oopgebreek by hoofslaapkamer se venster. By nadere inspeksie het hul gesien die geweer kluis is oop geskiet. Daar was ‘n 12br haelgeweer, 7.65mm pistool en .270 jag geweer gesteel saam met kontant. Daar was geen vinger afdrukke gevind nie.
Mnr Heyser het toe sy skoondogter gekontak wat dit om 17h05 op NCA Rietvlei Donkerhoek se nood groep gesit het en versoek het dat die NCA NW Reaksie K9 Eenheid hulle kom bystaan. Nadat die nodige inligting onder andere ‘n virtuele baken en ‘n stemboodskap ontvang is wat datum, tyd en Naam bevat is die K9 Eenheid uitgestuur.
Boet en Boela Vermaak sowel as Willie Human en Johan Wannenburg het gereageer . Sarel de Klerk het vir ons op die N4 bygestaan. Ons het die honde ontplooi waarop die honde hul dophou plekke uitgewys het en spoor wat in ‘n Suidlike rigting gelei het. Die spoor het op ‘n plek op die plaaspad bly stop, waar ons vermoed hul opgetel is.
Dit het 20h10 begin reën, ons staan af op die saak.
BAIE DANKIE
NCA NW Reaksie & K9 Eenheid:
Boet Vermaak
Boela Vermaak
Willie Human
NCA NW Reaksie:
Sarel de Klerk
Johan Wannenburg