27/01/2022
03:30
Daar was vanoggend om 03h30 ‘n inbraak in Annlin Wes Pretoria.
Die eienaar is tans in Durban en net haar kinders was by die huis.
Sy het my geskakel en ek het onmiddelik alarm gemaak.
Binne 5 min was ons op toneel.
Die inbrekers het ontsnap met verskeie elektroniese toerusting soos Tv’s en skootrekenaars.
Na ons die area gefynkam het, het ons 2 van die manne regoor Wonderboom Junction gewaar.
Hulle het die gesteelde items agter gelaat en in ‘n silwer kleurige Toyota Corolla probeer ontsnap.
Gelukkig kon hulle nie wegkom nie en is saam met SAPD en ander gemeenskapslede vas getrek in Zambesi, waar al 3 gearesteer is.
Baie dankie aan almal wat bystand verleen het.
Veral SAPD, AWGG (Annlin Wes Gemeenskaps Groep), NCA, GPF, EXEC OPS en Maxi sekuriteit.
Net weer ‘n bewys dat ‘n gemeenskap wat saam staan altyd bo sal uitkom.