17 Februarie 2021
Rondom 20:44 het ons ‘n boodskap ontvang van ‘n NCA lid rakende ‘n vermiste persoon wat gesoek word in die Virginia area.
Teen 20:56 is daar laat weet dat die persoon gevind is, maar dit was van korte duur. Om 22:03 verneem ons dat die persoon weereens vermis word en dat die persoon nie geestelik stabiel is nie.
Lourens Smit NCA Vrystaat Reaksie Hoof is ontbied 22:07. Lourens is na die tuiste van waar die ouers hulself bevind en het na die laaste plek waar hy gesien is gery en was vergesel met die seun se moeder.
Daar is na n kuierplek daar naby gegaan om hom daar te gaan soek en met die aankoms daar was hy nie te siene nie. Ons het daar vertoef vir so 10min om inligting te probeer kry of hy daar gesien was en ook om ‘n klere beskrywing te gee asook ‘n kontaknommer sou hy daar aankom.
Kort daarna het hy sy verskyning gemaak en het hy en sy ma begin praat. Dinge het met tye opgevlam en met tye goed gelyk onder die omstandighede.
Daar is vir die NCA lid gesê hy kan afstaan maar het aangedring om op toneel te bly tot dinge uitgesorteer is as gevolg van die omstandighede.
Teen 00:03 18 Februarie 2021 het Lourens afgestaan op toneel. Die seun sou by vriende slaap en in die dag kontak maak.
Daar is na 09:00 weer met Lourens kontak gemaak dat die seun weer vermis is. Later is Lourens weer gekontak en gesê die seun is in Welkom en het ‘n buskaartjie bespreek Bloemfontein toe.
Ten einde is daar vir Lourens laat weet dat die seun hulp gaan soek het in Bloemfontein maar dat hulle vol is. Hy het kontak met sy pa gemaak en die sou hom gaan haal het sou die seun nie ‘n buskaartjie terugkry huistoe nie.
Dankie aan almal wat betrokke was en gehelp het.