24/05/2022
18:20
Hulp is aangevra deur ‘n werkgewer nadat ‘n werknemer sonder toestemming die werksvoertuig geneem het.
Die voertuig is opgemerk in Kagiso. Die werknemer is met verdere ondersoek by ‘n kuier plek gekry waar hy probeer wegkruip het. Hy was onder die invloed van drank. Hy het NCA Reaksie geneem na die plek waar hy die voertuig gelaat het. Die voertuig is na ‘n veilige stoorplek geneem, waar die eienaar dit kom afhaal het.
Die man is na Kagiso SAPD geneem en die saak word verder deur hulle hanteer.
BAIE DANKIE
NCA GP Reaksie
Kagiso SAPD