GP Reaksie NCA
25/05/2023
00:30
Bystand word gevra van ‘n trok wat moontlik gekaap is in Randfontein, GP.
NCA Reaksie beweeg uit om die trok te probeer opspoor.
Die trok was nie by die ligging wat verskaf was nie.
Beweeg uit na die R41 waar die trok opgespoor is in Rietvallei op ‘n agterpad.
Bestuurder kon nie opgespoor word nie.
Verdagtes het weggekom, maar die voorste trailer se vrag is afgesteel.
Die vrag was Soja bone.
Saak word oorhandig aan Kagiso SAPD wat 2 minute voor ons by die trok was.
Klient is ingelig en het ‘n bestuurder gekry om die trok te vat SAP13 toe.
Later die 25/05/2023 word ‘n oproep ontvang dat die bestuurder van die trok by die Hospitaal opgeneem is vir beserings wat hy opgedoen het deur die verdagtes.
Bestuurder is ongedeerd.