12/09/2021
14:45

Bystand is gevra waar daar besig was met onwettige grondgrype, NCA NW Reaksie het uitbeweeg na toneel, nadat ‘n virtuele baken verskaf is. Met aankoms is daar opgemerk dat dit op Munisipale grond is. NCA NW Reaksie Hoof het met die Raadslid van daardie betrokke wyk kontak gemaak om hom te vra om ook te help reël vir bystand van die owerhede af aangesien ons nie ‘n mandaad het vir die Munisipale grond nie. Na vele oproepe en twis tussen SAPD en Public Safety en die een die verantwoordelikheid na die ander verplaas het, het ons ontrek van die betrokke toneel af, na een van ons lede se grond daar naby, om seker te maak dat hulle veilig is.
Daar het wel later ‘n SAPD voetuig opgedaag en die indringers het die toneel verlaat.
Ons ontrek vanaf die toneel om 18:00 nadat alles opgeklaar en veilig is.

BAIE DANKIE

NCA NW Reaksie
Die omliggende gemeenskap vir hulle hulp en bystand.
Ook ‘n besondere dank aan die wyk se Raadslid vir sy opoffering en oproepe na die nodige departments hoofde.