10/01/2021
Omstreeks 01:20 het Dawid Erasmus NCA NW REAKSIE ‘n oproep ontvang van een van die eienaars van ‘n plot in die dertigs op Rietvlei waar ń boosdoener besig was om in te breek. Die slagoffer het wakker geword van iets en sy vuurwapen gevat! Toe hy in die voorhuis kom sien hy dat iemand al klaar die glas gebreek het en sy hand was binne besig om die venster se knip oop te maak! Hy het ‘n skoot afgevuur, maar die wapen het gestoor waarna hy nog ‘n skoot gevuur het!
Die vermeende inbreker het onmiddelik op die vlug geslaan. Dawid het ander lede van NCA NW Reaksie K9 Eenheid gekontak vir hulp en bystand. Hulle is na die plot toe, maar die vermeende inbreker was klaar weg.
BAIE DANKIE
Dawid Erasmus NCA NW REAKSIE/RCCF
Boet vermaak en Boela Vermaak van NCA NW REAKSIE & K9 EENHEID, Rietvlei, vir hulle bystand en hulp.
Hiermee heg ek ook ‘n nota van die Plot eienaar…
“Na die noue ontkoming wil ek en Hester net sê baie , baie dankie Dawid, Boet en Boela vir julle vinnige optrede.
Dit is goed om te weet daar is mense wat regtig omgee vir ander.
Vader seën julle. Groete”