5. Kabeldiefstal, Rustenburg, Noordwe
28/10/2021
‘n Wenk is ontvang dat twee persone besig was om ‘n kabel uit die bagasiebak van voertuig uit te laai en die adres is verskaf.
Daar is vir bystand gevra en NCA NW Reaksie en RCCF lede het dadelik reageer.
Intussen was SAPD gekontak, asook die Ondersoek beampte van Telkom, wat ook reageer het.
n Kabel van ongeveer 20m lank was gekry, maar op een of ander manier was die Koper in die kabel reeds uit die omhulsel uitgetrek.
Dit was ‘n Telkom kabel gewees.
Die Ondersoekspan van Telkom asook SAPD het die perseel deursoek. Geen koper was gevind nie. Geen arrestasie is gemaak nie.
Dankie vir almal se bystand wat daarop reageer het.
SAAM MAAK ONS ‘N VERSKIL