22 Junie 2022
17:13

‘n Motorfiets wat voor ‘n trok ingery het is opgemerk deur ‘n NCA GP Reaksie lid. Daar was ook geen lisensie skyfie sigbaar nie. Die motorfiets is gevolg en die drywer het amper weer ‘n ongeluk veroorsaak voor hy tot stilstand gekom het. Die GP Reaksie lid het SAP ontbied. SAP het die man gearresteer nadat gevind is dat die Registrasie en Vin nommer verskil. Daar word vermoed dat die motorfiets moontlik gesteel is. Die drywer het ook nie ‘n lisensie of identifikasie by hom gehad nie.

BAIE DANKIE

NCA GP Reaksie lid betrokke
SAPD