KZN Reaksie NCA
Laer Suidkus
16:20
23-04-2023

Omstreeks 15:23 het Reaksie lid ‘n nood oproep ontvang van ‘n motorvoertuig botsing te R102 op die Umzimkulu brug.

Toe reaksie lid afstaan op toneel was dit chaos gewees.

Twee (2) motorvoertuie het ‘n kop-aan-kop-botsing gehad met mekaar.

Noodvoertuie en Reaksie lid homself het gehelp om die pad toe te maak as gevolg van al die chaos.

In totaal was daar 6 pasiënte op toneel gewees waarvan 4 ernstig beseer is.

Die pad is toegemaak as gevolg van olie en brandstof wat oor die pad verstrooi is.

Alle pasiënte is op toneel mediese hulp gegee en vervoer na verskeie Hospitale in die omgewing.

Ons bedank graag die volgende dienste bedank vir Professionele en flink diens:
– MI7 Ambulans dienste
– Med Evac Ambulans dienste
– KwaZulu Privaat Ambulans dienste
– EMRS
– Brandweer
– Polisie
– NCA KZN Reaksie