GP Reaksie NCA
19 Julie 2022
19:26
Uitnodiging ontvang vanaf SAPS vir bystand met Zamas.
Daar is 2 dae lank gewerk om die Myn toe te maak.
Na al die harde werk en beplanning het daar slegs 5 lede oorgebly.
By die eerste skag is daar 3 Kragopwekkers en “jackhammers” gekry.
Zamas het in n rigting ingevaar wat onbekend vir ons was, maar ons 5 lede het besluit om die roete te volg en afgekom op plakkerskamp gedoop deur ons “Gold City Zams”.
Ons het gevra of ons met die Burgermeester kan gesels vir meer hulp en bystand.
Ongeveer 15:00 het die Burgermeester opgedaag, vir sy veiligheid is daar vir hom n “Bulletproof” verskaf en hom geneem na die plakkerskamp wat ontdek is.
Die Burgermeester het dadelik ingetree en 2 TLB’s gereël.
Met groot sukses is die Myn toegemaak met geen beserings nie.
Baie dankie vir almal betrokke en harde werk.