6. Bejaarde word aangeval, Fochville, Gauteng

 

12 Oktober 2021
06:55

Om 06:55 vanoggend het ek ‘n oproep ontvang van ’n Plaasvoorman oor ’n Hi-Jacking.
Ons is uit na die toneel op Raatskraal pad RK7 by Mnr XXXX
Met ons aankoms daar het ons besef dat dit ’n Plaasaanval was en nie ’n Hi-Jacking nie.
Toe XXXX om 5:55 uit sy huis beweeg het om sy Sonpanele te skuif het 3 gewapende bravo mans om die hoek van die huis beweeg aan Mnr XXXX se regterkant, een het sy vuurwapen oorgehaal en hy het die wapen op Mnr XXXX gerig.
Die volgende oomblik het Mnr XXXX ’n vuurwapen teen sy nek en een teen sy lae rug gevoel.
Die 5 mans het hom in die huis ingedwing en vasgemaak, met Elektriese kabel en skoen rieme. Hulle het aan hom gese hulle soek geld. Een het Mnr XXXX met die agterkant van die wapen teen die kop geslaan.
Hulle het Mnr XXXX se .22 vuurwapen wat op sy bedkassie was, geneem en ook sy Kluis oopgemaak en ’n Browing daar uitgeneem. Hy het R1000 kontant in een van sy hempde gehad en dit ook aan hulle oorhandig.
Hulle het ook ’n Kettingsaag, Bushcutter, Generator, Sonpaneel batterye, sy Selfoon, Beursie met al sy Kaarte, ID en Lisensie, asook ’n vriekas gelaai.
Mnr XXXX het aan hulle gesê dat hulle nou al sy kos vat.
Hulle het 4 pakkies vleis uit die vrieskas gehaal en vir hom neergesit en gesê daar is jou kos.
Hulle het ook al sy sleutels gevat van sy huis en sy Fiesta; dan die Mahindra waarop hulle alles gelaai het en vermoedelik in Sebokeng se rigting is.
Die Fiesta is agtergelaat omdat dit nie kon ry as gevolg van meganiese probleme.
Mnr XXXX het na hulle weg is homself los gesny gekry en so 600m na die Raatskraal Pad geloop om ’n voertuig te probeer stop om te vra vir hulp.
Die voertuig waarmee hulle gevlug het is ’n Wit Mahindra Bolero Bakkie.
Agterste flap op bakkie se skaniere is redelik beskadig en gebuig.
Daar is ’n trigger op die Engine kap, as jy nie weet nie en slegs oopmaak gaan ’n toeter af wat appart gekonnekteer is.
Ons het Mnr XXXX 20:00 weer gaan besoek als is rustig by hom en hy gaan goed aan.

BAIE DANKIE
NCA GP Reaksie
Afriforum
GPF
Speurdiens
Fochville SAPD en Rural Safety
K9 Eenheid
Vingerafdruk Eenheid.

Scroll to Top