6. Vermiste bejaarde dame gevind, Gauteng

GP Reaksie NCA
11/12/2022

Vermiste dame

NCA GP Reaksie is genader om ‘n bejaarde dame wat vermis geraak het met haar voertuig te help opspoor.

Plakkaat met inligting is landswyd versprei.

Kort na verspreiding van inligting is ‘n positiewe wenk deurgegee van iemand wat die dame gewaar het.

Die voertuig besonderhede is deurgegee aan kamera sisteme vir bystand.

Deur die nag is daar gewerk om die dame te probeer opspoor.

12:36 is kontak gemaak en bevestig dat voertuig gewaar is in die rigting Amersfoort.

Alle rolspelers is geaktifeer en die bejaarde dame is in Amersfoort voorgekeur.

Familie is dadelik in kennis gestel dat dame gevind en veilig is.

Baie dankie aan almal wat hulle alles gegee het om die bejaarde dame op te spoor.

Scroll to Top