06/04/2022
22:18
Krugersdorp SAPD lid het bystand gevra rakende ‘n vermiste 16 jarige kind. Die kind was nooit skool toe nie en die vriende het aangeneem die kind is siek by die huis. Die pa van die vermiste dogter het ons in kennis gestel dat die vermiste kind by ‘n nagklub waargeneem is saam met ‘n onbekende persoon. Die spesifieke nagklub is nie op Google Maps gelys nie en moeite is gedoen om die plek op te spoor. Teen 14:45 op 07/04/2022 het die pa laat weet die dogter is veilig tuis en dat hy die saak verder sal hanteer.
BAIE DANKIE
NCA GP Reaksie, SAPD en almal wat betrokke was.