7. Gesteelde goedere gevind, Rustenburg, Noordwes

NCA NW REAKSIE K9
Geelhout Park
Rustenburg
03/02/2021

Ongeveer 8h00 het Niel Vermaak Boet Vermaak gekontak en gevra of hy met sy spoorhond sal uitgaan om ‘n verdagte in ‘n veld te gaan soek wat ‘n Bush cutter van sy werkgewer se bakkie gegryp het en bosse in is.

Ons het uittgegaan met 2 honde, NW K9 Boeta ‘n spoorsny hond en  NW K9 aanvals hond Max.

Om 09:10 by Impala se single quarter’s (Linaria road) aangekom en Boeta op die spoor gesit waarna hy deur Donkerhoek begrafplaas tot en met Dr Maroco Drive gevolg het tot waar die spoor verloor is heel moontlik dat die verdagte daar in ‘n voertuig geklim het.

Sy werkgewer het gesê hy weet waar hy bly. Ons is toe Lefaregatle toe . By sy huis aangekom het hond weer sy reuk opgetel tot by sy kamer wat klaar leeg gemaak was. Ons het egter spoor gevat tot by 3 huise van daar tot by ‘ n kamer wat gesluit was.

Daarna het ons na sy suster se huis gegaan . Daar het ons hom net gemis. Sy pa was daar ek het hom verduidelik hy moet die bush cutter vir ons gee dan sal ons hom los en nie saak maak nie. Ons het toe 11h05 onttrek.

Die werkgewer het my 12h30 gebel en gesê die verdagte soek R1200 vir die bush cutter. Ek het hom gesê ons sal hom 3 uur kry by die suster se huis.  Hy het oë op ons gehad, geskakel en versoek dat ons moet ry.

SAPD het opgedaag toe kom hy uit waarna hy vir hul gesê het hy soek sy Covid Grand van sy werkgewer . Sy werkgewer het verduidelik hy kon nie aansoek doen nie en daar was geen Covid geld aan hom uitbetaal nie.

SAPD het hom gesê hy moet bush cutter oorhandig anders arresteer hul hom. Waarna hy dit oorhandig het.

BAIE DANKIE
Boet Vermaak NCA NW Reaksie & K9
Johan Wannenburg NCA NW Reaksie
Boela Vermaak NCA NW Reaksie & K9
Wally Grant Protea Protection Team
Alrich Wannenburg
Kobus RCCF
Ansie RCCF

Scroll to Top