04/04/2022
09:00

NCA GP Reaksie lid word gekontak rakende ‘n man wie se lewe in gevaar verkeer. Volgens die klaer gebruik die man dwelms teen sy wil en wil vlug van sy moederhuis, aangesien die ma en ‘n vriend die seun se goed verkoop vir dwelms en drank. Aantuigings word ook gemaak dat die vriend ook die ma en seun mishandel en slaan.
Advies is ingewin deur NCA om SAPD te kontak, maar om ook die weksyn in kennis te stel. Die Kindermishandelings Eenheid is in kennis gestel.
Op toneel het die seun meegedeel dat hy vrees vir sy lewe. Daar is ‘n hangende hofsaak om ‘n interdik te bekom teen die vriend. Hulle het egter nie ‘n saak van aanranding oopgemaak nie. Die hofsaak kom 18 Mei 2022 voor.

BAIE DANKIE

NCA GP Reaksie
SAPD
Kindermishandeling Eenheid
Alle ander partye betrokke