7. Oorstromings, Loch Vaal, Barrage, Gauteng

Saterdag 2021-01-02
TYD: 08:45 tot 13:00
PLEK: Bloempark plotte/kleinhowes – Loch Vaal, Barrage area (Loch Ave tussen die R42 en die Potchefstroom pad)

Op Saterdag 2 Januarie 2021 om 08:45 het ek, Michael Keeve NCA Reaksie GP, berig ontvang van ‘n inwoner van plot 10 Bloempark dat die Klein Rietspruit en die Rietspruit self wat in die Vaalrivier inloop hulle walle oorstroom as gevolg van reën in die area en ook areas hoër op wat deur die nag swaar reën gekry het. Die water het vining gestyg en kleinhoewes aan beide kante van Loch Avenue oorstroom. Verskeie mense en ook diere was vasgekeer en in die moeilikheid. Ons het ons na die toneel gehaas vanaf Duncanville, Vereeniging. Ek het beheer geneem van die toneel namens die NCA. Die nodige rolspelers is gekontak en hulp en bystand is verleen deur alle rolspelers. Koördinering is gedoen met alle rolspelers. Mnr Cronje, die Coetzee gesin en die McClean gesin is gehelp en na veiligheid gebring. Altesaam 7 volwassenes (4 mans en 3 vroue) is na veiligheid gebring op die spesifike toneel. Verskeie diere is ook gered en na veiligheid gebring. Tydelike verblyf, voedsel en heenkome is gereël vir die mense asook die diere. Die samewerking tussen die verskeie organisasie en rolspelers was prysenswaardig en die situasie was suksesvol hanteer.

BAIE DANKIE
NAME – NCA LEDE BETROKKE EN TEENWOORDIG:
Michael Keeve (Mike Kilo), Chris Smuts (Charlie 4), Rudi Francis (Romeo 4) en Sean du Plooy (Sierra Delta 222)
ANDER ORGANISASIES BETROKKE:
SAPD Barrage, SAPD Vaalrand Watervleuel, Vanderbijlpark Brandweer en rampbestuur, Barrage CPF, JH Tactical Security, VRU, ander sekuriteits maatskappye asook lede van die plaaslike gemeenskap.

Scroll to Top