NCA NW REAKSIE
BOSHOEK
Maandag 15/3/2021 om 18:38
Gideon Erasmus ‘n oproep ontvang van ‘n lid van Lindleyspoort Plaaswag. Die dame het informasie verkry van ‘n wit Toyota bakkie en waentjie wat bokke en skape vervoer, die situasie het verdag voorgekom. SAPD is gekontak en Gideon en Kitty is uit op Lindleyspoort pad om die bakkie in te wag.
Die bakkie het verby hulle gery en hulle het op ‘n veilige distansie agter hom aangery. By die T-aansluiting het SAPD van voor gekom en die voertuig is afgetrek. Papierwerk is nagegaan en alles was in orde gevind.
BAIE DANKIE
Gideon & Kitty Erasmus NCA NW Reaksie/Boshoek GPF
Lindleyspoort Plaaswag en
SAPD vir hul vinnige optrede.