Donderdag 14/01/2021 om 15:43 het ń dame op ons NCA ASSIST Zello kanaal ingeroep in verband met ń verdagte voertuig op hul plaas.
Ek het privaat met haar kontak gemaak en sy het vir my die nodige inligting gegee in verband met die voertuig. Ons het dadelik begin ondersoek instel en met die dat ek vir haar wou terugvoer gee, kon ek haar nie in die hande kry nie. Ek het al haar kontakte probeer kontak sonder sukses. Awie en Bettie Van Staden van Ottosdal kon ook nie kontak maak met die dame nie. Johan Erasmus van Klerksdorp het van sy kontakte uitgestuur om te gaan kyk of die dame veilig is.
Ek het daarin geslaag om via Zello weer met haar kontak te maak en sy het bevestig alles is in orde. Ons het alle Reaksie lede laat afstaan op die saak.
BAIE DANKIE
Faan Swanepoel NCA NW REAKSIE
Awie & Bettie van Staden NW REAKSIE Ottosdal,
Jahan Erasmus NW REAKSIE Klerksdrp en almal wat onder hulle reageer het.
Na verdere ondersoek het ons ook verneem dat die voertuig op die plaas ESKOM meter lesers was.