KZN Reaksie NCA
Suid Kus
3 Insidente
28/04/2023
20:05
Omstreeks 17:30 het Reaksie lid ‘n nood oproep ontvang vanaf ‘n Polisie en Brandweer lid in Port Shepstone te Oribi Toll Plaza in verband met ‘n motorvoertuig botsing.
Reaksie lid het onmiddellik reageer en binne 15 min afgestaan waarna hy ‘n U-draai moes maak om by die ongeluk te kom omdat die ongelukstoneel in die teenoorgestelde rigting plaasgevind het.
Toe Reaksie lid op toneel opdaag het hy gewaar dit is ‘n ernstige ongeluk waar 3 voertuie betrokke is binne in die tolhek self.
Noodhulp op pasiënte is onmiddellik begin.
Waarna 3 pasiënte Hospitaal toe vervoer is.
Daarna het Reaksie ‘n suksesvolle arrestasie gekry nadat hy aangeval is deur die dronk bestuurder op toneel.
Reaksie lid het die man ontwapen en hom ge-arresteer vir die verhoeding van noodhulp op n nood toneel.
Nadat pasiënte almal vervoer is het Reaksie lid ook op n liggaam in die pad afgekom op die Hoofweg, Reaksie lid het afgetrek en seker gemaak die persoon is nog lewendig.
Dit is bevestig dat die persoon dronk is tot op ‘n paraplegiese vlak.
Sekuriteit en Reaksie lid het die persoon verwyder en seker gemaak van sy veiligheid.
Neem in ag dat hier 3 insidente plaasgevind het in ‘n kort spasie van mekaar af.
Paraatheid en observasie is van kardinale belang in enige ernstige omstandighede.
BAIE DANKIE
Ongelukstoneel:
– Brandweer
– Law Enforcement
– KwaZulu Privaat Ambulans Dienste
– NCA KZN Reaksie
Op toneel met dronk persoon:
– Wolf Sekuriteit