8. Betreding van eiendom, Waterval Oos, Rustenburg, Noordwes

14 Januarie 2021

ń Boodskap is ontvang van Corlia dat ‘n man besig was om deur een van die gebou se vensters te klim met sy rugsak in Waterval Oos, Rustenburg.   Dit was as verdag en moontlike inbraak aangemeld.  Elrietha het uit beweeg na die toneel.  Willie Human en sy K9 venoot sowel as Dawie het ook uitbeweeg.  Dawie en kollega het voor die hek gewag.  Ons het saam ingery na die gebou wat geidentifiseer was met die verdagte in. Die gebou is omsingel en daar was deur die venster na die verdagte geroep wat geantwoord het.  Hy was beveel om uit te klim en homself te identifiseer.  Hy het gesê hy is die sekuriteits wag is, al was hy in gewone kleredrag.  Alhoewel dit nie gereën het nie het hy gemeld dat hy in die gebou sit as gevolg van die reën.  Daar is ook bevind dat sy foon herlaai word in die gebou. Sy werkgewer is geskakel, Kathleko, op die nommer wat hy voorsien het.  Wat sy naam bevestig asook die besigheid se naam.  Die wag het sy werks univorm aangetrek voor ond afgestaan het.

Op 15 Jan 2021 word die saak opgevolg en die maatskappy word ingelig van die insident.  Daar is ń aparte gebou langs die maatskappy sonder huurders op dieselfde perseel.  Die eienaar/verhuurder van die geboue is ook ingelig, en beeld materiaal is gedeel.  Die wag het nie toestemming gehad om binne in die gebou te wees nie!
Bedankings aan NCA NW Reaksie is betuig van AMS vir die reaksie en inligting wat gedeel is.

BAIE DANKIE
– Dawie Oodendal NCA NW Reaksie/Afriforum
– Corlia (GPF Sektor 2) en Elrietha
– Ander rolspelers

Scroll to Top