23/12/2021
14:29

‘n NCA lid vra bystand vir ‘n familie lid wat ‘n pap band net buite Ventersdorp het. NCA NW Ventersdorp Reaksie maak kontak met die dame en omstreeks 14:43 is ‘n Reaksie lid by haar. Die wiel word omgeruil. Daar word reëlings getref deur haar ouer om die stukkende band te herstel op Ventersdorp. Die spaarwiel was ook foutief, genoeg druk kon verkry word sodat die dame vergesel kon word tot by M A Bande. Die eienaar van M A Bande het die saak verder hanteer.

BAIE DANKIE

NCA NW Ventersdorp Reaksie
M A Bande