16/09/2021
19:45
‘n Inwoner van Rietvlei het my hulp ontbied, haar man was om en by 19:00 die slagoffer van ‘n kapings poging by die Rustenburg/Boshoek/Donkerhoek (Mooka Farm) se vierrigting robot. Hy het by die robot gestop toe 2 kapers skielik by sy venster is en sy venster stukkend geslaan het met iets en hom met peppersprei gespuit het, terwyl hulle hom uit sy bakkie probeer pluk het. Hy’t terug baklei en kon daarin slaag om die bakkie aantesluit en weg te jaag na sy huis toe! Bystand is daedelik uit na die toneel waar Namola gebruik is om EMS en SAPD te ontbied. EMS was daar en het die man behandel waarna hy afgevoer is na die hospitaal. SAPD is na die hospitaal om die man se verklaring te neem. NCA NW Reaksie het om 21:30 afgestaan.
BAIE DANKIE
NCA NW Reaksie Hoof
RCCF
Namola
SAPD
EMS