NCA NW REAKSIE
SWARTRUGGENS
21-22 APRIL 2021
21 April omstreeks 23:23 is n ongeluk aangemeld by Sarel, plus minus 5km anderkant die tolhek op pad Marico se rigting. Volgens rapporteering was geen ambulanse of SAPD op toneel nie. Cinda het Swartruggens SAPD probeer bel, en fone het net gelui, daarna het sy Groot Marico gebel, en meegedeel dat daar nie voertuie was nie.
Sarel het na Swartruggens SAPD toe gegaan, omdat hy reeds op patrollie was, en die ongeluk aangemeld. Daarna het hy Dirk en Cinda opgelaai en na die toneel gehaas.
Met aankoms is ‘n bakkie wat gerol het aangetref en ‘n baie deurmekaar pad besaai met items wat agter op was wat uit n gereedskaps kas gekom het.
Met ondersoek om vas te stel oor die insittende/s het ons niemand in die bakkie gevind nie.
Die span het begin soek in die bosse en geroep maar niemand het geantwoord nie, die SAPD het gearriveer en almal het gehergroepeer. Deeglike ondersoek is by die plat bakkie gedoen, waar dit vermoed is met bloed merke dat die bestuurder moontlik kon uitklim, en almal het verder gesoek. In die soektog het ‘n man van Groot Marico se rigting gekom en hy het die bestuurder by hom gehad. Hy het minute na die ongeluk verby gery en die bestuurder het geloop om hulp te soek, die man het hom opgelaai en plus minus 2km verder gou na sy plaas gegaan om sy foon te kry om hulp te bel.
Intussen het die bestuurder net voor die ongeluk met sy skoon suster gepraat en haar ingelig dat hy verdwaal het en ‘n virtuele baken (pin location) gestuur.
Die skoonpa en skoonsuster het opgedaag en kom assisteer om die pad skoon te kry en reelings te tref.
Die staats ambulans het opgedaag en die patient het self seer en vol wonde uit die Marico man se voertuig geklim oor na die ambulans.
Daar het personeel hom ondersoek. Die skoonpa het ER24 geskakel sodat die patient na n privaat hospitaal gaan.
Visuele ondersoek kon ‘n vlak wond aan die regter skouer gesien word, paar ligte sny wonde in die gesig. Die patient het wel genoem sy bors is seer, maar hy het genoeg gekommunikeer om vas te stel dat dit nie lewensgevaarlik is nie, vermoedelik net ‘n harde stamp. Die patient was heeltyd by sy bewussein en kon gesels en het ook met sy ma per foon gepraat.
Nadat afgestaan is op toneel, op pad terug Swartruggens toe is die privaat ambulans verby na die ongeluks toneel.
BAIE DANKIE
SAREL – SERA/NCA NW REAKSIE
CINDA – SERA/NCA NW REAKSIE
DIRK – SERA/NCA NW REAKSIE