NCA GP Reaksie
Pretoria Wes.
10 Junie 2023 omstreeks 12:13 ontvang ‘n noodroep in verband met perde wat in die pad loop in Elandspoort.
Op die toneel vind ons as volg.
Steeg tussen Strachenstraat en Mauserstraat Elandspoort.
1 x bruin hings.
2 x merries.
Die twee merries se bene is beseer nadat kinders hulle met bakstene gegooi het.
Dit blyk dat die een merrie dragtig kan wees.
Telefonies probeer ons DBV Silverton skakel 3 verskillende nommers, maar geen antwoord.
Telefonies probeer ons Metro Polisie Pretoria Wes skakel met geen antwoord.
Inwoners sê dat hul moontlik weet waar die eienaar is maar sonder sukses was ons in Wesfort.
Later het ‘n jong seun opgedaag en beweer dat die wagter vroeg uit is en die diere uitgekom het.
Selfs die trop Brahmane is ook bo in die Reservaat los.
So teen 14:50 het ons begin die perde aanjaag terug Wesfort toe.
NCA Reaksie lid en ‘n jong dogter is te voet saam met die diere.
16:19 is al die perde in hul kamp en die wagter is op die perseel.
Privaat het ek alle inligting, sowel pin location, fotos en videos aan DBV Inspekteur gestuur.
16:44 is ons terug in ons area en staan terug vanaf die klagte.