GP Reaksie NCA
17/02/2023
18:31

Bystand is aangevra tydens ‘n Transitorooftog besig is op R28 naby die Robertbroom afrit.
Informasie het deurgekom dat die verdagtes op pad was Voortrekker toe.
In samewerking met SAP het ons gepoog om die verdagtes op te spoor.
Groot kaliber rondtes is in die voertuig gevind.
Kort daarna is inligting ontvang van ‘n voertuig wat gekaap was deur die verdagtes.
Dadelik verder gesoek en die voertuig is opgespoor op die hoek van ‘n besige straat.
SAP het bevestig dat die voertuig gekaap was deur die verdagtes.
Daar is ook rondtes in die voertuig gekry.
Geen verdagtes is gearresteer nie en geen beserings is opgedoen nie.