NCA NW REAKSIE
RUSTENBURG
Donderdag 18/06/2021
Omstreeks 18h30 het daar ‘n boodskap op verskeie groepe deur gekom van n vemiste graad 11 seun wat ‘n nota by die huis gelos het dat sy ouers hom nie moet probeer opspoor nie.
Bekommerde en desperate ouers het hulp gevra en die nodige inligting is versprei deur die toestemming van die ouers rakende die vermiste seun.
Sowat 100+ mense van verskillende Organisasies en in hul private hoedanigheid het reageer om te help soek na die verlore seun.
Die veld om die huis was deursoek asook velde verder weg van huis in Proteapark en area.
NCA NW K9 is gevra vir hulp en soektog het begin.
Om 20:30 is die soektog afgelas nadat die seun veilig gevind is. Hy is per voertuig geneem naby sy ouerhuis.
NCA NW REAKSIE ontrek van die toneel nadat die seun veilig by sy ouerhuis aangekom het.
BAIE DANKIE
Annelize Germishuys NCA NW Reaksie/GPF sekt 3
Jaco vd Merwe NCA NW Reaksie
Boet Vermaak NCA NW Reaksie & K9 Eenheid
Willie Human
Trudie Vermaak NCA NW Reaksie & K9 Eenheid
Henry Holtstyzen NCA NW Reaksie/HENCOR K9
Corné Holtstyzen NCA NW Reaksie/HENCOR K9
Almal wat van NCA se kant af reageer het en dan ook ons opregte dankbaarheid teenoor alle ander publieke lede vir hul hulp en bystand.