NCA NW REAKSIE
SWARTRUGGENS
11/12 FEBRUARIE 2021
Omstreeks 23:48 11 Februarie is bystand ontbied deur Nico wat geknipte drade ontdek het. Buite Swartruggens na Zeerust. Nico het ondersoek ingestel en in die modder kon hy ‘n spoor kry. Met aankoms van bystand deur Cinda, Timothy en Willie, is ons op hoogte gebring.
Cinda het die eienaar Christo geskakel en ingelig, waarna Christo uitgekom het na die toneel, hy het ons ingelig dat dit die plaas langs syne is en hy het die eienaar verwittig, en ook om die draad te kom herstel. Nico het op die toneel gebly waarna Cinda, Timothy en Willie, saam met Christo na sy plaas is, waar al die diefstalle plaasvind. Tot dusver in ‘n kwessie van 3 weke is daar om en by 500m koper kabels gesteel, 10m koper welding kabels, stroombaan meter, en gereedskap. Die drie fase kabel wat onder deur die stoor na binne gaan is ook probeer uit trek maar die eienaar se vragmotor wiel staan bo op die kabel.
Na ons ondersoek ingestel het dat die store veilig is het Nico ons ingelig dat daar kommunikasie in die bosse is deur middel van n gefluitery.
Die plase is ongelooflik groot, en 4 lede sal nie die mas kan opkom om die verdagtes vas te trek nie.
Altwee plaas eienaars het ons kontak besonderhede en is verwittig dat ons op bystand is enige tyd.
BAIE DANKIE
Nico – NCA NW Reaksie/SERA
Cinda – NCA NW Reaksie/SERA
Timothy Z – NCA NW Reaksie/SERA
Willie – NCA NW Reaksie/SERA