29/12/2021
01:30
Twee verdagte mans wat opgemerk is op CCTV kameras, word ongeveer 01:30 aangemeld. NCA NW Rietvlei/Donkerhoek Reaksie lid het patrollie gaan ry, maar niemand gewaar nie. Berig word ontvang van ‘n inbraak en daar word bevestig dat daar 2 verdagte jong mans was. Nog ‘n berig word ontvang van ‘n poging tot inbraak en beweeg uit na die toneel. Bystand word verkry deur nog twee NCA NW Rietvlei/Donkerhoek Reaksie lede. Die verdagtes het gevlug nadat die huisbewoner op hulle geskree het. Staan af omstreeks 04:30.
BAIE DANKIE
NCA NW Rietvlei/Donkerhoek Reaksie
RCCF