NCA NW REAKSIE
DERBY
Pieter Esterhuizenwas 21/03/21 op pad terug Rustenburg toe vanaf Klerksdorp na waar hy oorgebly het na ‘n opleidings kurses in Lichtenburg op die 20/03/21.
Sy voertuig het ongeveer 18h30 so 4km na Derby NW op R30 begin oorverhit. Hy het stilgehou langs die pad en ondersoek ingestel. Op een of ander wyse het voertuig water verloor. Hy het probeer aanklop by ‘n boer langs die pad, maar sonder sukses en het probeer om al die koeldrank wat hulle gehad het te gebruik, maar dit was net te min om met verkoeling te help. Hy het vir NW Reaksie Hoof Faan Swanepoel ‘n boodskap gestuur en op NCA NW Reaksie groep gevra of daar enige lede op die pad woon wat my dalk kan help. Faan het hom gekontak en Frikkie Boshoff gevra of iemand van die area my kan help. Frikkie het vir Pieter, Attie se nommer gestuur en klaar met hom gereël om Pieter te help.
Attie het water aan Pieter gegee en hulle was weer op die pad terug Rustenburg toe. Ons was teen 20h00 veilig by huis.
BAIE DANKIE
Faan Swanepoel NCA NW Reaksie Hoof
Frikkie Boshoff NW Reaksie
Attie GPF Derby
“Baie dankie vit almal se bereidwilligheid om te help. Dit maak mens trots om deel te wees van n span soos NCA waar almal mekaar help in tyd van nood.” – Pieter Esterhuizen NCA NW Reaksie & K9 Eenheid