15/04/2022

Ouers het hulp gevra rakende hulle seun wat vermis word. Die nodige inligting is verskaf onder meer dat die seun ‘n dwelm misbruik probleem het. Die seun het aan die ouers ‘n aktiewe virtuele baken gestuur en hulle hulp gevra. Die baken het aangedui dat die seun in ‘n huis is wat bekend is vir dwels en prostitusie. SAPD is ontbied.
Twee vrouens is in die huis gevind. Hulle het meegedeel dat die seun wel daar was, maar dat hy na ‘n Hotel is. Ondersoek is ingestel, maar die seun was ook nie by die Hotel nie. Die ouers sowel as die seun se meisie was voortdurend in verbinding om vordering onder andere na te gaan. Daar is besluit om die soektog verder te neem en in die nagklubs te gaan soek. Die ondersoek het 11:00 begin en omstreeks 03:00 is die soektog vir eers gestaak.
Omstreeks 09:00 die volgende oggend het die seun geskakel, meegedeel dat hy veilig is en op pad was huis toe.

BAIE DANKIE

NCA GP Reaksie
SAPD