Om 19h57 op die 20ste Desember 2020.

‘n Stemboodskap word geplaas. Die boodskap lui dat ‘n boer aan die brand gesteek is, alhoewel daar geen tyd, datum of area in die boodskap meegedeel word nie. ‘n Verdere boodskap lui dat dit dalk in die Shelly Beach area Suidkus van Natal kan wees. George en verskeie Reaksie lede van Suidkus reageer dadelik. Sonder presiese ligging is dit moeilik. Hannes Jacobs klim in sy motor en begin soek. Intussen skakel George Wolf Sekuriteit in area om uit te vind of hulle enige kennis dra. Hulle sê hulle dra slegs kennis van ‘n brand op ‘n plaas maar nie van ‘n boer wat gebrand het nie. Dit is ook in die Izotsa area. Hannes ry in daardie rigting. Hy gaan in by in area Clemtines waar hy by die betrokke plaas uitkom. Dit was ‘n bejaarde man wat in ‘n karavaan woonagtig was, wat deur onbekende aanvallers met klippe bestook is en toe sy karavaan aan die brand gesteek het. Gelukkig het die Boer daarin geslaag om die man tot veiligheid te kry voordat die gasbottel ontplof het. Geen verdagtes in sig en ook nie enige idee van hulle drag en hoeveel daar was. Om ongeveer 21.30 stel George voor dat Hannes Jacobs afstaan weens tekort aan enige verdere inligting.

Baie dankie

Hannes Jacobs en George Piek NCA Reaksie KwaZulu Natal