NCA GP REAKSIE – ELANDSPOORT
13/10/2024
07:38
Omstreeks 07:38 ontvang NCA Redaksie lid ‘n noodroep vanaf die SAPD sektor voertuig daar is brandweer op pad na Wesfort (Melaatse Hospitaal) bystand word benodig.
Op toneel word ‘n baie ou huis wat in vlamme is en gemeenskap wat met tuinslange die vuur binne probeer blus. Hierdie huise word onwettig beset.
Geen beserings is aangemeld nie net rook inaseming.
SAP op toneel open ‘n brandstigting dossier.
Alle dienste onttrek nadat Brandweer seker was die vuur is geheel en al geblus.
NCA Rekasie lede onttrek vanaf die toneel.
Baie dankie aan almal betrokke.