NCA GP REAKSIE – Witpoortjie /Roodepoort
10/06/2024
16:30
Een van ons reaksie lede het ‘n oproep ontvang van ‘n voertuig ongeluk.
Met aankoms vind ons die voertuig op sy dak, bestuurder nie beseer nie. Inwoners wou bestuurder roskam oor die spoed wat hy gery het en ander mense se lewens in gevaar gestel het.
Die bestuurder van die voertuig wou weg hardloop van die toneel af, reaksie lede het hom egter agterna gesit, hom gevang en aangehou tot Metro Poliesie van Johannesburg opdaag het. Sekuriteit beamptes het bystand gelewer op die toneel.
Die bestuurder van die voertuig is in die Metro Beamptes se voertuig gelaai weens die gevaar wat hy gestel het vir die publiek, sy spoed en vermoedlik onder die invloed van alkohol.
Op die toneel volg as:
NATIONAL CRIME ASSIST
JMPD
HELP24 SECURE
EC SECURITY
FIRST HELP TOWING
Baie dankie aan almal betrokke.