NCA FS REAKSIE – WELKOM
30/07/2024
20:23

NCA ontvang ‘n saak van ‘n 17 jarige seun wat tydens skool die terrein verlaat, in “Bolt Taxi” klim en op eindig by ‘n vriend in Hennenman. Deur die loop van die middag het hy sy ouers laat weet hy is veilig. In gesprekke met familie het inligting uitgekom en is daar bevestig dat hy hom in Hennenman bevind. Ouers het NCA gekontak vir hulp en ondersteuning. Daar is aanbeveel dat hul ‘n saak gaan oopmaak van vermiste persoon, wat hul wel gedoen het. Intussen het ons ‘n NCA Reaksie lid van Welkom op bystand geplaas om by familie aan te sluit en leiding te neem met scenario in Hennenman.

00:12 Vertrek NCA Reaksie lid na Hennenman ontmoet ouers by Puma Garage om 00:45. Beweeg vandaar na betrokke adres waar die seun hom bevind.

By adres aangekom, seun is daar, gesprek vind tussen ouers plaas.

01:42 Ouers vertrek met hul seun terug na Randfontein. 02:35 NCA staan af

Baie dankie aan almal betrokke.