NCA GP REAKSIE – NIGEL
28/06/2024
18:24

Reaksie lede ontvang oproep vir bystand by ‘n ernstige botsing paar kilometer van Vorsterskroon af. Op toneel aangekom het Reaksielede toneel beheer en verkeer beheer toegepas. Toneel oorhandig aan Nooddienste en reaksie bepaal hulle om verkeer te herlei en toneel sigbaar te maak.

Verkeer was lank ge-affekteer, ‘n sedan voertuig het onder ‘n trok in gery. SAP, Forensies en Brandweer was ontbied om nodige te kom doen.

Om 23:45 was die toneel opgeruim, dienste het onttrek en pad oopgestel vir verkeer. NCA staan af.

Baie dankie aan almal betrokke.