NCA WK REAKSIE – HERMANUS/SANDBAAI
02/08/2024
10:49
Ongeveer 08:30 het NCA WK Reaksie berig ontvang dat ‘n dame aangeval is in Sandbaai. Die area het soortgelyke voorvalle in verlede ondervind.
Verdagte het ‘n blou-hoody en swart hemp aangehad. Ten tye van die aanval het die dame nie haar foon by haar gehad nie en kon dit dus nie hulp inkry ten tyde van aanval nie. Sy het ‘n “tazer” gehad wat sy nie gou genoeg kon gebruik nie, verdagte het dit afgeneem en in die bos gegooi. Dit is op ‘n latere stadium gevind en aan SAP oorhandig vir vingerafdrukke. Die dame is na Polisie stasie om ‘n saak te open. Die voorval is direk deur ‘n NCA Reaksie lid aan Stasie Bevelvoerder gerapporteer.
Daar is vasgestel dat verdagtes in die rigting van Schulphoek gehardloop het. Daar was twee verdagtes waarvan een geïdentifiseer is as die aanvaller. Dit is ook vasgestel dat hulle reeds ‘n geruime tyd reeds die area verlaat het met ons aankoms.
Baie dankie aan almal betrokke.