MODUS OPERANDI AANVALLE

Aanvalle word nie net op plase geloots nie, maar ook in dorpe en stede.

Landswyd is daar patrone wat voorkom by aanvalle:

• Deeglike verkenning van die area die roetine van die slagoffers word gedoen, asook beplanning vir die aanval.
• Aanvallers kom selde alleen, groeperinge van 2 tot 5 aanvallers is gewoonlik betrokke.
• Goedere wat gesteel word is gewoonlik Selfone, Skootrekenaars, Tablette, TV’s, Juwele, Kontant, Wapens en voertuie.

Hoe kan jy PRO-AKTIEF optree?

• Deel inligting van verdagte optrede in jou gebied.
• Deel inligting rakende die modus operandi van aanvalle in jou gebied, sodat mense weet waarna om op te let, ons almal veg dieselfde stryd!!
• LEES statistieke wat NCA uitgee om daardeur ook KENNIS te dra van nuwe metodes wat deur aanvallers gebruik word.
• Maak seker dat die eerste hulp op toneel opgelei is om nie die misdaadstoneel te kontamineer nie!! (Wend ‘n daadwerklike poging aan om self kennis daaroor in te win).
• Elke omgewing moet hulle vergewis van hulle area se ontsnappings roetes.
• ‘n Gemeenskap en Organisasies moet hande vat in die bekamping teen misdaad en ‘n GOS groep tussen Organisasies daar stel ter wille van almal in die omgewing.
• Vat hande met SAPD, werk ALTYD binne die raamwerk van die wet.
• Stel ‘n Gemeenskap Veiligheids plan op.