NCA GP REAKSIE
16/08/2024
11:00
NCA Reaksie lid ontvang ‘n noodroep in verband met krag kabels gesteel te Shumstraat in Danville.
Op toneel vind NCA reaksie lid ‘n dame erg getraumatiseerd. Kragkabel is afgeruk vanaf haar huis se dak met die doel om te steel, moontlike verdagtes het terug gekeer om die oorblywende kabel te verwyder en het dreigend teenoor haar opgetree. Met ons aankoms het die moontlike verdagtes die toneel verlaat. NCA Reaksie lid kontak City Of Tshwane Elektrisiteit afdeling wat dan opdaag en kabels vervang.
Ons maak seker dat die dame veillig is voordat die toneel verlaat word.
Baie dankie aan almal betrokke.