NCA GP REAKSIE
08/09/2024
16:50
Ontvang ‘n noodroep in verband met diere mishandeling te Danville.
In Morkelstraat word verdagte opgemerk met ‘n wit en bruin Pitbull, daar is oop bloeiende wonde sigbaar. Volgens persoon het ‘n geveg tussen honde uitgebreek oorkant die Pretoria Wes Hospitaal. Verskeie diere organisasies word gekontak vir hulp. NCA Reaksielede het die verdagte en die hond se ligging bly monitor, dit was duidelik dat die dier baie seer gekry het.
Inspekteur van AHAWE daag op en begin onderhandel met die eienaar om die hond vrywillig aan haar te oorhandig sodat dringende mediese hulp kan bekom word. Inspekteur van DBV op toneel asook Tshwane Metro Wardens. Die eienaar is oorreed en die nodige dokumente is Onderteken, die erg beseerde dier is veilig verwyder.
18:12 Alle dienste onttrek vanaf die toneel.
Baie dankie aan almal betrokke.