NCA WK REAKSIE – HERMANUS
26/09/2024
08:06
Inwoner van Schneider Straat was beroof deur ‘n groep mans terwyl hy op sy fiets gery het. In reaksie het hy hulle agterna gesit.
‘n Ander inwoner het hom te hulp gesnel en saam het hulle een verdagte vasgetrek tot NCA Reaksielede op toneel afgestaan het en die nodige dienste ontbied het en verdagte gearresteer is. Verdagtes was gewapen met messe.
Die slagoffer het ongelukkig besluit om nie ‘n saak te open nie. Almal staan af.
Baie dankie aan almal betrokke.