23/3/2024
17:54
VRYSTAAT

Hulp word benodig op N1 in die rigting van Bloemfontein deur die opsporingsfirma, vermoedelik gekaapte vragmotor. NCA Kroonstad se reaksielede aktiveer saam plaaslike buurtwag. Ná ‘n kortstondige jaagtog op die N1 is vragmotor om 18:20 voor Kroonstad Ultra City afgetrek. 3 Persone is met die vragmotor gevind. Opsporingsfirma neem saak verder.