NCA GP REAKSIE
19/09/2024
14:04

Inligting ontvang van ‘n Wit Toyota Hilux wat gesteel is in Vanderbijlpark en op die R59 beweeg in rigting van Duncanville.

Die Tracker eenheid was nie verwyder en het opdaterings deur gegee soos voertuig beweeg. Tracking firma en reaksie lede het inbeweeg en sein gevolg tot in Sharpeville. Sein ontvang dat voertuig luier en kort daarna is voertuig gevind en een verdagte is gearresteer. Alle nodige dienste is ontbied. NCA staan af.

Baie dankie aan almal betrokke.