NCA GP REAKSIE – ELANDSPOORT
01/08/2024
10:40
Omstreeks 10:40 te Kruithoringlaan Elandspoort merk ‘n NCA Reaksie lid ‘n gewapende roof / highjacking wat plaasvind. Voertuig betrokke was n Rooi VW GTI 5 reeks. 3 Groot geboude manlike verdagtes met slegs een vuurwapen (handwapen) sigbaar word opgemerk. Dit is duidelik opgemerk dat die voor en agter nommerplate nie ooreenstem nie, omdat die voertuig omgedraai het. Verdagtes het daarin geslaag om weg te kom met gevriesde voorraad, 2 selfone en bestuurder se beursie. Die drywer van die bakkie het die voertuig sleutels in een van die erwe gegooi. SAPD en misdaad voorkoming van Pretoria Wes verwys drywer van na SAPD om die saak aan te meld.
Geen beserings behalwe almal was erg getraumatiseer.
Baie dankie aan almal betrokke.