Hoekom gaan jy uit jou huis? BESEF DIE ERNS

Hoekom gaan mense uit hulle huise as hulle honde agressief blaf? Dan nogal vrou alleen terwyl haar man in die bed lê en slaap? Die vrou erken nou sy het dom opgetree en nie gedink nie. Baie mense het al oor die jare hulle lewe verloor of was sleg aangerand nadat hulle n geraas buite hulle huise gehoor en gaan “ondersoek instel” het. Wat dink mense gaan hulle maak as hulle dan in hulle nagklere in ‘n groep aanvallers vasloop?
Mense is duisende kere vantevore by hulle huise ingedwing deur die aanvallers en daar erg aangerand, vermoor of verkrag. Die feit dat mense nog buitentoe gaan om te gaan ” ondersoek instel” is n absolute bewys dat mense nie dink misdaad kan ook met hulle gebeur nie en daarom versuim om vooraf planne uit te werk oor wat om te maak in sekere scenarios.
Soos bv bly in die veiligheid van jou huis en ontbied hulp van die buurtwag wat elke buurt teen die tyd moet he.
In hierdie geval was die vrou wat nie haar naam genoem wil he nie, gelukkig. Sy is slegs skrams met n hark teen die arm geslaan nadat sy n indringer in haar motor betrap het laas Saterdagoggend 30 Januarie, 2021, omstreeks 0445.
Die aanvaller het weggekom. Sy erken nogal aan Netwerk24 dat sy aan die aanvaller gese het
“Kom hier” asof sy in staat is om n gevaarlike aanvaller self onder beheer te kry. Ons sal moet ophou Rambo en Rambolina speel en met ons koppe begin dink, nie met ons bravado nie.
‘n Vrou van Keidebees, Upington is ook ‘n week gelede in haar huis aangeval en verkrag.
Twee ander vroue wat alleen bly is in die laaste 6 maande in hulle huise in Upington vermoor. Hulle is Judy Redelinghuys (71), vermoor op 30 Junie, 2020. Haar dogter het haar ma se lyk in die swembad gekry met haar hande agter haar rug vasgemaak.
Hannatjie Kruger (80) was ook vermoor in haar huis. Sy was ook deur haar dogter gevind in haar huis in Middelpos, Upington op 16 November 2020.
Hoekom weet mense presies waar om die koerant in die hande te kry om hulle te vertel van hulle wedervaringe, maar hulle het nog nooit die tyd gevat om moontlike aanval scenarios en wat hulle sal doen in so ‘n geval uit te werk nie?
Daar is al baie in die verlede gewaarsku : moenie uit julle huise gaan in die nag as julle aanvalle vermoed nie. Om dit elke keer weer te sien gebeur begin afgesaag raak om die minste daarvan te se.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/vrou-wag-steeds-vir-polisie-na-aanval-20210201

Scroll to Top