NCA GP REAKSIE
15/08/2024
17:31

NCA Reaksie lede ontvang ‘n noodroep in verband met ‘n hond in nood te Quagga Sentrum Pretoria Wes.
Met ons aankoms vind ons ‘n bruin medium hond wat ongeveer 2 dae terug al in ‘n riool drein geval het. Met behulp van die sentrum sekuriteit en NCA Reaksie lede is die hond veilig uitgehaal. DBV inspekteur het opgedaag en die viervoet kind warm toegemaak en vervoer na hul kantore in Silverton.
Klein bietjie omgee is al wat nodig was.

Baie dankie aan almal betrokke.