NCA GP REAKSIE – VANDERBIJLPARK
26/06/2024
00:36
Om 00:36 ontvang ‘n NCA reaksie lid ‘n oproep dat daar beweging bespeur was in die kerk se erf op die hoeke van Helena Lochner/Bernard Shaw Strate. Reaksie lid gaan uit na betrokke ligging, daar aangekom, staan SSG sekuriteit saam met hom af op perseel.
Dit was ‘n positiewe inbraak. Die stoorkamer se venster is GEBREEK en diefwering afgebreek, diefwering was later in die hoek van erf opgetel. Soos wat saak vorder kom inligting na vore dat oorkant die pad by Pinedene Skool ook ‘n poging tot inbraak was, verdagtes was versteur en hulle het toe oor die heining by die kerk gespring, wat op hul beurt weer die inbreker by die kerk laat spaander het.
Niks word vermis. SAP word gekontak en die nodige verklarings word geneem. Saak van Huisbraak met opset om te steel word oopgemaak. Sekuriteit firma onderneem om beurtelings af te staan op perseel tot die nodige gedoen kan word om skade te herstel die volgende dag. NCA staan af.
Baie dankie aan almal betrokke.