NCA GP REAKSIE
03/09/2024
22:19

NCA Reaksie lede ontvang ‘n oproep van bure oorkant die straat dat ‘n persoon pas oor die huis se muur gespring het. Op toneel aangekom betrap Reaksielede die inbreker binne in die woning waar hy besig is om gesteelde items uit te dra.

SAP word ontbied, met hul aankoms beken inbreker sy skuld en deel hul mee dat hy die betrokke perseel al ‘n week dophou. Inbreker word gearresteer. NCA staan af.

Baie dankie aan almal betrokke.