10/12/2020
12:45
Bernardt Pieters (NCA Reaksie en Koppies Sektor 3 GPF Leier)

12:45
Hestony trok  staan op verdagte plek te Rooipoort afraai en R720 distrik Koppies Vrystaat.

Ek stel ondersoek in en vra onmiddelik op NCA Anti-Hijack groep of trok vermis word. Waarby ek ‘n virtuele baken (Pin-drop) en die Registrasie nommer deurgee.

Vind drywer in bos waar hy “wegkruip”, klaarblyklik uit vrees vir sy lewe, alhoewel hy op daardie stadium baie kalm en sonder senuweeagtigheid voorkom.
Ek beveilig toneel en ondervra drywer.

12:48
Ek stel SAPD in kennis deur direk met Kapt Lategan (SAPD hoof van speurdiens in Koppies) in verbinding te tree terwyl Ben Almero (NCA Hoof) solank in verbinding tree met Hestony transport se eienaars.

Kapt Lategan stuur ‘n eenheid uit en kom self na toneel tesame met haar 2IB Kapt Pitso. Sy stel ook Sasolburg CID (Vervoer eenheid) in kennis wat 5 speurders na toneel stuur.

Ek vra drywer om die trok se bak oop te maak vir my om te verseker dat daar geen verdagtes skuil nie. (Fotos aangeheg)
Drywer raak al hoe meer senuweeagtig en ek besluit om so lank die sagte ondervraging voort te sit deur grapperig voor te kom en onkuldige vrae te vra.
Drywer raak te gemaklik en gee baie inligting weg wat homself en sy deelname aan die “roof” verder inkrimineer.
Onder andere verander sy storie die eerste keer van die oorspronklike. Hy vertel dat die staal skuif-slot wat die vrag seël vermis word. (Later, by verdere ondersoek vind ek die slot onder bome versteek, presies op die plek waar ek die drywer in die bos die eerste keer gewaar het)

13:00
SAPS ariveer tesame met die twee speurders en ek handig toneel oor. Ek deel my vermoede met Kapt Lategan en sy stem saam dat die drywer betrokke moes wees.
Die speurders neem ondervraging oor en neem my en die drywer se eerste verklarings (Drywer se verklaring verander ‘n tweede keer).

Intussen kontak André, James en Paul Roux van Hestony Transport my. Ek vra die tracking inligting aan asook die presiese tye van die paniek-knoppie seine, hoeveel keer dit geaktiveer was en die ruitverwysings van die seine.
Met permissie van SAPD klim ek in die trok en stuur die kamera inligting vir James aangesien daar gesukkel word met die aflaai van die beelmateriaal.

13:40
SAPD Parys se vingerafdruk-manne arriveer tesame met CID Sasol se vervoer eenheid.

Ondervraging duur voort en ek begin toneel verder ondersoek waarby ek die “vermiste” slotte opspoor. Ek stel die speurders in kennis van die fonds. Fotos word geneem en die slotte word gepoeier vir vingerafdrukke.
(Baie goeie vingerafdrukke word verkry aan slotte asook binne trok se bak en kajuit)

Intussen verkry ek die inligting vanaf Hestony en gee dit deur aan die speurders.

15:00
Paul Roux (Hestony Logistic Risk Manager) arriveer en stel ons in kennis dat die drywer al reeds onder verdenking is aangesien daar die vorige dag ‘n palet met hoender verdwyn het uit sy vrag in Port Elizabeth.

Die waarde van die gesteelde sjokolade word geskat op sowat R 600 000 terwyl daar sowat ‘n derde van die vrag terug gevind is.

16:00
Paul ontbied ‘n ander trok om die drywer na Johannesburg te neem vir verdere ondervraging en poligraaf toetse.

16:35
Toneel word opgeruim en trok terug oorhandig aan Hestony waarby dit verskuif word na SAPD Koppies vir bewaring tot verdere reëlings getref kan word.

Ek staan af en gee Sitrap deur na NCA.

SAPD se spoedige optrede en onberispelike gedrag was merkwaardig.   Dit was ‘n voorreg om te sien hoe professioneel die toneel hanteer is en die bewysstukke ingevorder is.
Ek wil ook persoonlik vir Hestony Transport dankie sê vir hul goeie samewerking en spoedige deurgee van sleutel informasie.