NCA GP REAKSIE – NIGEL
22/06/2024
22:03

Om 22:03 word boodskap ontvang van brande wat op verskillende plekke heers tussen Nigel en Heidelberg. Reaksie lede maak gebruik van Namola om Brandweer dienste op verskillende punte te kry. Brandweer dienste was nie by magte om te assisteer nie omdat hul reeds besig was op ander tonele om brande te beveg. Dit was ‘n groot area wat ge-affekteer was.

Die groot groep van gemeenskap saam met reaksie lede van verskillende organisasies het ingespring brand geslaan, water aangery, al die inwoners van area laat weet om hul grond te patrolleer en nodige te doen. Om 23:12 staan almal af.

Baie dankie aan almal betrokke.